Ek is ‘n Burger

Dit is net meer as ‘n week sedert die 2019 verskiesings in Suid-Afrika.

 

Ek het begin daaraan dink het het uitgekom by die gedagte dat ek ‘n deël van my land is, en ook nie ‘n deël daarvan nie.

 

Iets is fout; ek voel min oor die land se stem, Nkosi Sikeleli Afrika. Ek luister na BokRadio en lees ook Shakespeare. Ek ondersteun die Haaie, maar voel minder oor die Springbokke.

 

Gee my asseblief ‘n oomblik om te verduidelik. Ek het ‘n affiniteit vir Europese kultuur, vir my Moedertaal, Engels, tot die politieke struktuur van die Verenigde State en die geskiedenis van die Britse Eilande.

 

Maar ek is ook ‘n seun van die Afrika-vasteland. Diegene wat sinies is sal my daaraan herinner dat daar ‘n woord vir so ‘n mens bestaan. Dat ek ‘n ‘soutie’ is.

 

Dit is ‘n eenvoudige beskrywing van ‘n situasie wat vir my baie ingewikkeld is. Hierdie spanning tussen twee wêrelde is ook ‘n beskrywing van die spanning tussen my land en my Koning se koninkryk.

 

Deur my oë, is hierdie ‘n treurige land, vol ongerealiseerde potensiaal: wat ons kan wees as ‘n land, maar net nie is nie.

 

Ek het in 1999 Engeland toe gegaan en daar ontdek dat ek nie daar behoort nie. Ek is ‘n Suid-Afrikaner. Ek het met vrede en blydskap huis toe teruggekeer.

 

My land

 

Maar hoekom? Hoekoem het die Here my ‘n Suid-Afrikaner gemaak? Om watter rede was ek in hierdie land gebore? En op die tyd wat ek was? Hy alleen weet.

 

Ek dink aan Abram voordat hy Abraham geword het. Die Here het toe vir hom gesê dat hy uit sy land moet trek om na ‘n nuwe plek te gaan. Van Abram se voorbeeld, lyk dit asof die Here sorg dat mense in ‘n sekere land gebore is, maar ook dat vir Sy redes sommige van hulle moet ‘n trek ondergaan vir Sy bedoeling.

 

Vir die wat in ons Here glo, is daar ‘n spanning tussen ons land en ons Koning se koninkryk.

 

https://www.biblegateway.com/passage/?search=philippians+3%3A20&version=NIV

 

Daar is ook ‘n spanning tussen wat ons aardse tuisland was en wat dit word. Dit is waar ons nou is in Suid-Afrika.

 

https://www.desiringgod.org/interviews/should-christians-be-patriotic

 

 

Wat sal ons nader aan mekaar bring in hierdie land? Die waarheid dat ons almal kinders van die Here is. Die politiek is nie die antwoord nie, vir seker.

 

Ons kan almal terug verwys na ons geskiedenis. Ons het dit saam gedeel. Vir die wat glo in die Here, ons geloof bind ons saam.

 

Geskiedenis en geloof.

 

Ek is ‘n burger van die hemel. Dit is my geloof.

 

Ek is ‘n burger van my land. Dit is ons geskiedenis. En my gebed aan die Here is vir ons toekoms.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *